Audi se RS5 binnekort hier

Audi-liefhebbers begin al asem ophou want in Oktober kom die nuwe RS5 in Suid-Afrika aan!

Plaaslike motorkenners sien met groot verwagting uit na diΓÇÜ pragtige, elegante koepee, wat in die buiteland as een van die “mooiste motors” beskryf word wat nog ooit deur voertuigstileerders opgelewer is.

Diegene wat gek is oor weelde, sal swymel oor die binnekant van die Audi SR5 met sy indrukwekkende leer-en-alcantara-sportskottels, asook glasvesel-en-aluminium-afwerking, sowel as ΓÇÖn sportstuurwiel vir daardie ekstra tikkie glans.

Audi se befaamde langslag-4.2 liter-V8 met direkte petrolinspuiting is dieselfde 309 kW-bron wat in een van die beste sportsedans tot nog toe, die RS4, gebruik is.

Ondanks die RS5 se gewig van 1 725 kg, word 100 km/h binne slegs 4.6 sekondes bereik.

Krag word deur ΓÇÖn ligte, kompakte nuwe kroonrat-middelewenaar na voor en agter versprei, wat baie voordelig is vir goeie traksie. Tydens ratskakelings word momentum behou danksy ΓÇÖn blitsige, spesiaal-versterkte sewegang-S-tronic-dubbelkoppelaarkas.

Vanweë die basiese platform-argitektuur wat vir voorwieldrywing ingerig is, het Audi’s tradisioneel ’n stamperige rit gelewer, maar volgens Suid-Afrikaanse motorkenners wat reeds die voorreg gehad het om die motor in Duitsland te toets, het slim ingenieurswese dié toedrag van sake oor die jare heelwat verbeter. Hulle rapporteer dat die RS5 se bakbewegings goed onder beheer gevoel het; sonder dat die motor te hard en stamperig was.

Na verwagting sal die Audi RS5 vir tussen R850 000 en R900 000 in Suid-Afrika verkoop word.

Nuusbron: Vaalweekblad