Albert groet Vaal na bevordering

VANDERBIJLPARK. ΓÇô Trane het verlede week gevloei toe daar afskeid geneem is van een van Vanderbijlpark-polisie se lede wat welbekend onder sakelui en die algemene gemeenskap is.
Adjudant-offisier Albert Van den Berg (51) het totsiens gesê na 11 jaar diens by die stasie nadat hy tot luitenant bevorder is en sy werksaamhede by die Orange Farm-polisie gaan voortsit.
Van den Berg was betrokke by die polisie se besigheidwag en het in dié tyd in Vanderbijlpark uitgestaan as ‘n man wat toegewyd is om sakemisdaad in die omgewing te verminder.
Nog ΓÇÿn lid van die besigheidswag, adjudant-offisier Elna Swanepoel, is na die rang van luitenant bevorder. Sy gaan na die Lenasia-Suid polisiekantoor.
Van den Berg het ΓÇÿn deeglike kennis van misdaadvoorvalle in die sentrale sakegebied van Vanderijlpark opgebou en baie vriende onder sakelui gewen met sy daaglikse besoeke. Hy het ook ΓÇÿn goeie verhouding met die ΓÇ£Street eyesΓÇ¥ opgebou en weekliks met hulle vergader om inligting te bekom oor misdaadbedrywighede in die sakegebiede.
Hy is 33 jaar aan die polisie verbonde en het reeds by verskeie polisiestasies gewerk. In 1980 is hy na die Area Crime Combating Unit (ACCU) verplaas voordat hy in Januarie 2000 in Vanderbijlpark begin werk het. Hier het hy as die besigheidwag-ko├╢rdineerder begin. Die nuwe uitdaging het baie vinnig in ΓÇÿn suksesverhaal in die Vanderbijlparkse sakegebiede verander.
Oor sy suksesse sê hy op sy beskeie manier: “Dit was regtig net ‘n spanpoging oor die jare.” Albert is getroud met Elsie en het drie kinders en drie kleinkinders.
“Kyk jy na hom sal jy nie sê die nederige man is ‘n oupa van drie nie, hy lyk nog baie goed,”, het a/o Kinnie Steyn, mediawoordvoerder van die polisie, gesê.
Hy wou van kleins af polisieman word en kom uit ‘n familie van polisiemanne. Hy het passie vir uiteenlopende soorte sport en het vir 13 jaar geboks en provinsiale kleure verwerf. Hy het reeds vier Comrades-maratons gehardloop en speel tans muurbal om fiks te bly. Tydens sy afskeid verlede Woensdag het brigadier Temba Denge, nuwe stasie-offisier van die Vanderbijlparkse polisie, hom bedank vir sy positiewe bydrae tot die sakegemeenskap en die verminde­ring van misdaad in die gebied.
Die voorsitter van die GPF, mnr. Johan Sittig, het Van den Berg gelukgewens met sy nuwe aanstelling en hom net die beste vir die toekoms toegewens. Van den Berg sê hy is positief oor sy nuwe aanstelling en gaan weer eens die beste daarvan maak by die polisiestasie in Orange Farm. Albert het afgesluit met sy lewensuitkyk: “behandel mense soos wat jy behandel wil word”.

BRON: Vaalweekblad