4 Jacks and a Jill is terug

Noem jy die naam 4 Jacks and a Jill, reageer mense dadelik. Liedjies soos Master Jack, Timothy, Ramaja en Haai Casanova herroep wonderlike herinneringe. Maar as jy gedink het hierdie supergroep het van die horison verdwyn – dink weer.

Hoewel hulle uit die openbare oog beweeg het, het die Jacks en hulle Jill nie vir ‘n oomblik op hulle louere gerus nie. Om die waarheid te s├¬ het hulle, sonder die vergrootglas van die media, ‘n fenomenale suksesstorie beleef waarmee geen ander Suid-Afrikaanse kunstenaar nog kan spog nie: slegs in die afgelope vyf jaar het hulle meer as een miljoen CD’s verkoop!
Hul nuwe CD, wat op aandrang van die publiek vervaardig is, bevat ‘n allemintige versameling van 20 top snitte. Elkeen van hulle wegholtreffers verskyn op hierdie album, insluitend hul heel eerste liedjie, Jimmy come lately, wat hulle oornag in supersterre omskep het. Nuut afgestof en gepoleer met jare se professionaliteit en ondervinding, is die gemengde Engels/Afrikaanse repertoire nou nog meer indrukwekkend as wat dit vantevore was.
Die album sluit af met ‘n hoendervleis-weergawe van Amazing Grace – die groep se standaard danksegging vir al die se├½ninge wat hulle ontvang het. Die snitte is vir popul├¬re, geskiedkundige asook nostalgiese redes gekies. Die publiek kry hiermee die geleentheid om ou, geliefde nommers in splinternuwe tegnologiese formaat te geniet.

  • Om 4 Jacks and a Jill se grootste treffers te wen, faks slegs die antwoord op ‘n maklike vraag saam met jou kontakbesonderhede voor Vrydag na 086 509 5709 of SMS na 41913. SMS’e kos R1-50. Vraag: Wat is die laaste snit op die album?

Nuusbron: Mooivaal Media (Vaalweekblad)