Archive | May, 2012

Seminaar oor afwykende gedrag

VANDERBIJLPARK. – Omdat kerk-, jeugleiers, maatskaplike werkers en beraders se werks-lading oorweldigend raak, word meer hande benodig, en daarom gaan ‘n seminaar vir leke-persone oor seksueel afwykende gedrag by die Fakulteit Teologie, NWU Potchefstroomkampus aangebied word.

Enigiemand met ‘n belangstelling in die gebied asook die motivering om ‘n gesonde samelewing te skep, is welkom om die seminaar by te woon.

Onderwerpe wat gedek word, sluit in:
* Wat behels seksuele molestering,
* Wie is die persoon wat kinders molesteer,
* Tekens dat ‘n volwassene ‘n kind mag skade aandoen,
* Gedrag om na op te let wanneer kinders by volwassenes is,
* Tekens dat ‘n kind of tiener ‘n ander skade aandoen.

Die seminaar word op Saterdag 5 Mei vanaf 9:00 tot 13:00 gehou en die koste is R200 per persoon.

‘n Spesialiskursus gemik op leraars, jeugwerkers van kerke en skole, pastorale bera-ders, maatskaplike en sosiale werkers wat die probleem pastoraal wil benader, word ook beplan vir 14 tot 18 Mei. Om hierdie kursus by te woon moet jy matriek en twee jaar tersiêre opleiding hê.

‘n NWU-sertifikaat sal uitgereik word. Vir meer inligting kontak Thercia van der Merwe by (018) 299 1841 of e-pos Thercia.VanDerMerwe@nwu.ac.za, of kontak dr. Stella Potgieter by 072 971 9607 of e-pos stellapotgieter@gmail.com.
Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Kopono Pre School receives help

VEREENIGING. – When Bill and Gloria Nobile and Alan Pittendrigh, as representatives of the South African Confederation of Seniors Organisations (SACSO), in partnership with Vaalweekblad and Ster newspapers, embarked on a project to organise the Heritage Day Oktoberfest in September 2011, the main objective was in some small measure to assist in the plight of underprivileged and abused children.

In the run-up to the festival the support of Rotary clubs in Sedibeng was also obtained. Having wound up the Oktoberfest it was possible to make a donation to both the Sedibeng Childrens’ Haven and the Vereeniging Alliance for Street Children.

As an extension of these activities and with the help of social worker Nana Maja, for the Vaal Elderly Forum, the Kopano Pre-School in Evaton was identified as an organisation worthy of assistance and in need of help and facilities.

Kopano Pre-School is an excellent example of a community doing its best to help itself with very limited resources. What strikes one on visiting the school is the cleanliness of the grounds and the classrooms. It consists of two large classrooms, a free-standing small sick-bay, an even smaller kitchen and primitive toilet facilities, yet it caters for 58 little ones who are neat, obviously well looked after and attentive.

The structures are absolutely basic, constructed totally from corrugated iron. They must be freezing cold in winter and unbearably hot in the summer months.
Arrangements were made to present the centre with a number of toys, which were donated by Richard and Annie Coetzer, owners of Hobbies and Toys. They are a public-spirited couple, members of the Community Chest, and have participated in the Reach for a Dream action.

While finalising arrangements to donate the toys the organisers were fortunate to be contacted by the Mothwas of the MOTHS‘s Jannie Smuts Shellhole.

The Mothwas are a charitable organisation affiliated to the MOTHS, whose main focus is maintaining old age homes for sub-economic pensioners.

The Mothwas in the Vaal Triangle decided to make sleeping mats to help some needy cause and donated 18 sleeping mats to the school. These colourful and attractive mats are made of polarfleece off-cuts padded with batting.

Our thanks go to Faith Arnold, Caroline Eyberg and Veronica Ludick, who made the mats and also to Gwen de Klerk, Ron and Lyn David, and Bobby and Rhoda Heyns, who donated the materials.

The Kopano School Project has the support of Child Welfare workers from Evaton. Mokgadi Popela, social worker, Buyi Masebuko and Meriam Makgotlane, social auxiliary workers, and Nana Maja, social worker from the Vaal Elderly Forum, were present at the presentation. The project is really deserving of help and a strong appeal is made to other organisations to help this group who are doing their best to serve their community with the very limited means at their disposal.

Source: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Hoekies gedy, geel bulle gly

VEREENIGING. – Daar is die naweek tydens die NWU Puk Prestige-reeks agterstewes geskop en name gevat.
Die Hoër Tegniese Skool Vereeniging het Saterdag op sy tuisveld, en met hulp van ‘n handvol omliggende skole (Drie Riviere, Vereeniging en Driehoek) en die Isak Steyl-stadion, die halfeind­ronde van dié reeks met onderskeiding aangebied.
Dit is die eerste keer dat daar van skolegeriewe gebruik gemaak is om die 16 skole se wintersport-spanne te akkommodeer. Daar was natuurlik ongelowige Thomasse, maar na dese kan niemand ‘n vinger wys nie.
Die Geel Bulle se eerste rugby-span het voorts nuwe betekenis aan die woorde veggees en deursettingsvermoë gegee, toe hy net-net met 22-17 deur Noordheuwel geklop is.
Die Tekkies was stadig uit die wegspringblokke en het met rustyd met 17-0 agtergeloop, maar het in die tweede helfte karakter gewys en strate beter gespeel. Om sake te vererger was die drieë wat die besoekers gedruk het sagte drieë.
Tekkies se JP Campher het in die tweede helfte twee gaan druk en die woelige losvoorspeler, Junius Deysel, se harde werk is ook met ‘n vyfpunter beloon. Dwayne Engelbrecht het met een doelskop geslaag om die tuisspan binne trefafstand te hou.Volgens Hannes Grobbelaar, afrigter van die HTS Vereeniging se eerste rugbyspan, was dit van begin tot einde ‘n klipharde kragmeting. “Ons het net nie “opgedaag” in die eerste helfte nie.

Hulle (Noordheuewel) het al die speelwerk in die eerste helfte gedoen en besit beheer. Hulle het ons met hoë tempo rugby in die eerste helfte geslaan. In die tweede helfte was dit egter ons beurt,” het Grobbelaar gesê. Benewens die Tekkies se eerste en derde spanne wat verloor het, het al sewe sy ander rugbyspanne koning gekraai.Die Hoërskool Driehoek se eerste rugby­span het behoorlik gepronk toe hy sy eweknie, die Hoërskool Bastion, met 26-0 geklop het.

Die telling kon selfs hoër gewees het, indien die Hoekies hulle geleenthede benut en beter afgerond het. Die eerste rugby­spanne van die Hoërskool Garsfontein en Middelburg kom op 5 Mei in Potchefstroom teen mekaar in die eindstryd te staan.
Garsfontein het Hugenote met 54-0 verniel en is die gunsteling om die titel te wen. Met Johan Ackerman, voorspeler-afrigter van die Lions Super-rugbyspan, wat Garsfontein help brei, is dit geen verrassing dat dié span so goed presteer nie.
*Die Hoërskool Transvalia het Saterdag in Pretoria in die NuPower/Tuks-reeks vir Pie­tersburg met 28-3 geklop. In die Puk 16-reeks het Overvaal net-net met 22-18 teen Pretoria-Noord vasgeval. Die uitslae van die Super12-reeks wat by die Hoërskool Dr. Malan plaasgevind het, is teen druktyd nie ontvang nie. Die onus berus by skole om die uitslae aan Vaalweekblad te stuur.

Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Emmanuel school dine at medal feast

VANDERBIJLPARK. – The swimmers of Emmanuel Private School recently made their school and the Vaal Triangle very proud.

They earned an outstanding total of 34 medals (eight gold, nine silver and 17 bronze medals) at the South African Christian School Sports Association Swimming Championships in Pretoria.

Stean Kotze earned 10 medals, Thea-Marie Kotze seven medals, Daniel Webber nine medals, Alexandra Davies and Corijn Van De Loosdrecht four medals each.

Stean Kotze also broke two SACSSA records in the 100 m freestyle and 100 m backstroke. He was also selected as the top swimmer in an individual event (100 m freestyle).

Stean Kotze, Daniel Webber, Thea-Marie Kotze and Alexandra Davies also earned South African Christian Schools Swimming Colours for their achievements.

Keirah Van De Loosdrecht, Conny Kruger and Jayden Mopp also did very well in the 50m freestyle.

Source: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Free Schoolfees for a year

MEYERTON. – The Shoprite Class of the Year Competition, one of Shoprite’s many community initiatives, sponsors school fees for hundreds of learners in South Africa each year.

One of the Class of 2012 lucky winners in Gauteng is 12-year-old Derrick Pruis, a Grade 6 pupil of Laerskool Dr. Verwoerd in Meyerton.

Derrick’s enthusiastic account of his dreams to become a veterinarian really impressed the judges and won him free school fees for a year. Learners across the country were invited to dream big and enter at their local Shoprite by writing a short essay, or drawing a picture about what they want to be after they have finished school.

Shoprite believes that the country’s children should be provided with opportunities that support them and therefore each year urges communities to motivate learners in their area to enter this competition.

Source: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Siemens staan agter onderwys

DALESIDE. – Die Department van Onderwys en Siemens het onlangs ‘n vennootskap aangegaan en ondersteuning van opvoeding in 831 laerskole in Gauteng onderneem.

In een van die eerste projekte is rekenaars onder die vaandel van opleiding in die primêre-taal en wiskunde-strategie by die Skansdam Primary School aan die skoolhoof oorhandig.

Die opheffingsprogram is gebaseer op die opgradering van onderwys, leerling-prestasies, hulpbronne, silabusse en skoolbestuur.

Die proses strek oor drie tot vier jaar en is reeds in 2011 begin met die hulp van professionele kundiges wat onderwysers met hulle ontwikkeling in veral die bestuur van literatuur in die biblioteek bygestaan het.

In 2012 is die proses en die bystand van kundiges uitgebrei om Engels en wiskunde vir graad vier- tot graad sewe-leerlinge in te sluit.

“Die sleutel tot sukses is die kwaliteit van die hulpbronne wat in die proses aangewend word. Die doelwit is om goed-ontwikkelde materiaal vir onderwysers aan te bied waarmee hulle opvoedingstaak vergemaklik kan word.

“Ons is ook besig om bykomende onder-steuning te bied met toegeruste biblioteke en rekenaar-sagteware in skole wat toegang tot GautengOnline het. Ons moedig skoolhoofde aan om hulself op hoogte van tegnologie en kennis te hou vir die optimale ondersteuning aan leerlinge.

“Die inligtings- en kommunikasietegnologie moet aangewend word om ‘n wye wêreld van geïntegreerde kennis te ontsluit en bied aan leerlinge geleenthede om na te vors en ‘n beter kans op opvoedingsgeleenthede.

“Die deelname van Siemens aan die projek toon die waardevolle ondersteuning vanuit die private sektor,” het me. B. Creecy, woordvoerder van die Departement van Onderwys, tydens die oorhandiging gesê.

Besoek die nasionale opvoedingsportaal Thutong en skakel Charles Phahlane by (011) 355 1530 of 071 860 4496 vir meer besonderhede.

Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

NWU laat die syfers mooi klop

VANDERBIJLPARK. – Noordwes-Universiteit (NWU) se voornemende rekenmeesters laat die syfers mooi klop!

Met inagneming van die getal studente en die slaagsyfer van 88%, het die pas afgestudeerde geoktrooieerde rekenmeesterstudente van die NWU in 2012 beter as ooit tevore gevaar in die Deel 1-nasionale kwalifiserende eksamen van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR).

Dié slaagsyfer was heelwat hoër as die land se gemiddeld van 78%. In ‘n vraag oor Finansiële Bestuur en Bestuursrekeningkunde het die NWU se studente die beste in die land gevaar.

Daarmee het hulle voortgebou op die prestasies van vorige NWU-studente wat in die verlede reeds verskeie kere in verskillende vakke die beste in Suid-Afrika was.

Die uitslae plaas die NWU in totaal sesde in die land, met die Universiteit van Kaapstad, Rhodes, die Universiteit van Pretoria, Wits en die Universiteit van Stellenbosch in die eerste vyf plekke.
Ses-en-vyftig NWU-studente uit ‘n totaal van 64 – die meeste ooit in die geskiedenis van die NWU – het geslaag.

Van dié wat geslaag het, is 10 van die Vaaldriehoekkampus en 46 van die Potchefstroomkampus. Prof. Herman van der Merwe, die dekaan van die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Vaaldriehoekkampus, is om verstaanbare redes breëbors oor sy fakulteit se studente. “Ons is trots om deel te kan wees van die NWU-span en dat die getal geoktrooieerde rekenmeesters wat die NWU lewer, jaarliks verhoog,” sê hy.

“Gesien in die lig van die behoeftes van die land en ook om relevant te bly, is dit belangrik dat ons ‘n groot groep geoktrooieerde rekenmeesters moet lewer,” sê prof. Susan Visser, die direkteur van die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe aan die Potchefstroomkampus.

Prof. Heleen Janse van Vuuren, die direkteur van die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe aan die Vaaldriehoekkampus, sê die meeste van die huidige B.Com. GR-honneursgroep het reeds kontrakte geteken om volgende jaar met hul klerkskap te begin. “Ná hul klerkskap word die meeste opgeraap deur kliënte by wie hulle ouditwerk gedoen het,” sê sy.

Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Ina Bonnette shares her ordeal

VEREENGING. – Polokong Children’s Village will host a Ladies Fayre on May 26 with the theme Life, a gift to live.

The function will start at 10:00 in the Banquet Hall at Vereeniging’s Civic Centre.

It will be an elegant and classy event with a delicious three course meal.

Annie Malan, well-known actress and philanthropist, will be the Master of Ceremonies and will give a motivational speech, to inspire and motivate the guests.

Adam, winner of a Ghoema Award in 2011/2012, will entertain everyone with their high-energy music.

There will also be dance items by the Cairo Moon Belly Dancers, Spanish Dancers and special items by the Polokong Belly Dancers and Polokong children’s choir.

Lerato Moloi, a local singer will also entertain guests with her beautiful music.

Main speaker
Their main speaker at the event will be Ina Bonnette, victim of the Modimolle Monster, Johan Kotze. Ina will share her traumatic ordeal, of being raped and mutilated by three men and losing her beloved son.

There will also be an art exhibition by the artist, Tendai Makufa, in the foyer. All proceeds from the function and sales will go towards Polokong Children’s Village.

Polokong Children’s Village takes care of 50 abandoned, abused, destitute and neglected children. They also have a Drop-In-Centre, where they feed 300 children on a daily basis.

Their Emancipation Project allows children from the children’s home to study further, helping them to become successful, well-balanced adults.

They also assist children who can’t study further to find employment.
For tickets please contact Sylvia on 083 788 0348 or Louise on 083 752 7642

Source: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Page 2 of 212