Archive | January, 2011

Nuwe wet gaan gewentenlose motorverkopers vasvat

Eerlike motorverkopers het min te vrees van die Verbruikersbeskermingswet (Consumer Protection Act) wat in April in werking tree, maar dit voorspel swaar tye vir handelaars wat tot dusver met gewetenlose truuks weggekom het.

Volgens mnr. Marthinus Strydom, bemarkingsdirekteur van die McCarthy Group, gaan die wet beslis meer verantwoordelike motorhandel in Suid-Afrika tot gevolg hê. Hy sê ‘n sleutelelement van die nuwe wet is dat die koper in sekere omstandighede die reg gaan hê om goedere na die handelaar terug te neem vir ‘n volle terugbetaling. Dit is ‘n algemene reg en is van toepassing as die verbruiker, nadat hy ‘n produk ontvang het, vasstel dat dit nie is wat hy bestel het of wat deur die handelaar geadverteer is nie.Wat dít beteken, is dat die vervaardiger, invoerder, verspreider en handelaar seker moet maak dat die betrokke produk aan die kwaliteitvoorskrifte voldoen soos wat deur die verbruikerswet uiteengesit word. Indien nie hieraan voldoen word nie, sal die koper die reg hê om binne ses maande na die transaksie steeds die volle koopsom terug te eis. Nog ‘n interessante punt is dat die verbruiker die keuse sal hê of hy die produk waarmee hy ontevrede is, wil laat regmaak, wil laat vervang of die koopsom terug wil hê.

Indien die koper besluit om dit te laat herstel en dieselfde (of ‘n nuwe) probleem verskyn weer binne drie maande, sal die koper die reg hê om die volle koopsom terug te eis. Volgens Strydom kan dit ernstige gevolge vir die motornywerheid inhou omdat al sulke herstelkoste vir die handelaar se rekening gaan wees. Volgens Strydom kan voornemende voertuigkopers voorkom dat hulle ‘n kat in die sak koop:

* Maak seker jy verstaan wat die totale koste van die voertuig vir jou gaan wees.

Sodoende sal jy nie later onaangenaam verras word nie.

* As jy ΓÇÿn gebruikte motor wil koop, koop by ΓÇÿn handelaar met ΓÇÿn goeie reputasie. As jy bekommerd is oor die geskiedenis van die voertuig, laat dit nagaan deur voertuigkenners soos die Automobiel Assosiasie (AA).

* Maak seker die handelaar is ΓÇÿn lid van die RMI (Retail Motor Industry).

* Vra vrae as jy onseker is. ΓÇÿn Koper het die reg om ten volle ingelig te word oor alle aspekte van ΓÇÿn voertuig voordat jy die transaksie beklink.
Bron: Vaalweekblad

Posted in Uncategorized0 Comments

Why do positive people live longer?

Most people assume that positive thinking is just something that we do to help achieve our goals, or even to get through difficult times. But a host of exciting research has shown that attitude affects our health – so much so, in fact, that a positive attitude can add years to our lives.

A 30-year study of 447 people at the Mayo Clinic found that optimists had around a 50-percent lower risk of early death than pessimists. The studyΓÇÖs conclusion: “Mind and body are linked and attitude has an impact on the final outcome – death.”

This was further compounded in a Dutch study that examined the attitudes and longevity of 999 people over the age of 65. The study reported a “protective relationship” between optimism and mortality. People with a positive attitude, quite simply lived longer. They even had a 77-percent lower risk of heart disease than pessimists.

So why do positive people live longer? Scientists say it is because they get less stressed in day-to-day life. When something doesnΓÇÖt quite go to plan, a person with a positive attitude might just deal with it, typically refocus, or even look for another solution. But a person with a negative attitude will typically complain more, get angry or frustrated, and expend a lot of energy going over and over in their heads what has happened and how much it is a real inconvenience for them.

Inside the body, the difference between positive and negative people is stress. Regular stress causes inflammation. It plays a key role in wound-healing but inflammation also occurs on the inside of the body. It is a side effect of too much stress and/or poor lifestyle choices. It has a hand in most known diseases, most typically heart disease. It even speeds up aging.

* So a negative attitude, because it causes stress and inflammation, can speed up aging. This is likely why positive people live longer.
Source: Vaal Weekblad

Posted in Uncategorized0 Comments

Vaal Inwoners kan begin ontspan

Inwoners langs die Vaalrivier kan vanaf vandag (Woensdag) begin ontspan wanneer die watervlak van die Vaaldam na verwagting weer na 100% sal daal. Dit behoort goeie nuus te wees vir talle waterfront-inwoners wat die afgelope week van die buitew├¬reld afgesny is as gevolg van die kolkende watermassas. Sowat 40 gesinne in die Barrage-omgewing moes verlede week hul huise ontruim. “Die kumulatiewe vloei waar verskeie riviere in die Vaalrivier inloop, is op 3 000 kubieke meter per sekonde gemeet, wat die vloed in die 15 jaar-vloedkategorie plaas,” s├¬ mnr. Marinus de Wilde, bestuurder van die Vaaldam-opvanggebied.

Die grootste hoeveelheid water het na die Vaaldam ingevloei vanuit die Wilgerivier, Watervalsrivier vanuit Secunda en die Liebenbergsrivier vanuit Bethlehem. 17 sluise in totaal is oor die tydperk oopgemaak om die water na die Vaalrivier deur te laat. De Wilde sê dat die reën steeds nie verby is nie en dat voorspellings van ‘n laat maar nat seisoen tekenend van die la niña-weerverskynsel is. Dit word deur warmer temperature en seestrome veroorsaak. Miljoene rand se verliese is gely toe verskeie bote en vlotte deur die vloed meegesleur is.

In een voorval is die luukse motorboot van mnr. Rex Anderson van Stonehaven-on-Vaal deur die Barrage se sluise waar dit in stukke opgebreek het. Vakansieplekke en restaurante se inkomste is ook ernstig deur die vloed beïnvloed. Die gewilde Spirit of Jen by Stonehaven-on Vaal moes met kettings om die Baddriftbrug geanker word om te verhoed dat die luukse passasiersboot wegspoel. Die Eurospar-brug en omgewing in Vereeniging is oorspoel en die roete oor die Kliprivierbrug is swaar belas deur duisende motoriste wat daagliks na die sakekern en omliggende omgewings moet ry.

“Hoewel die vloed deur die Departement van Waterwese as groter as die 1996-vloed beskou word, is minder ongevalle aangemeld,” s├¬ ΓÇÿn woordvoerder van die nooddienste in Parys. In een voorval het mnr. Kobus Weydeman van die Rocky Ridge-vakansieoord in Parys verdrink toe hy aan ΓÇÿn hangbrug wou werk. Volgens mnr. Klaas Mofomme, ΓÇÿn woordvoerder van die Emfuleni Munisipaliteit, is inwoners gewaarsku om versigtig te wees. Die vloei van die water in die Vaalrivier was verlede Vrydag teen 2.7 kubieke meter per sekonde, wat byna 90 keer ho├½r is as gewoonlik. Dit was sonder die re├½n wat die afgelope naweek in die gebied geval het. Diegene wat in laagliggende gebiede woon, is ook gewaarsku om versigtig te wees en alle booteienaars moes hul bote uit die water verwyder.
Bron: Vaal Weekblad

Posted in Uncategorized0 Comments